Potloodsakkie: Agter die zip

MET Liani Jacobs, Zoë van Zyl, Fleur Bruwer, Amy Rose Watson, Nava Koen, Sophia Lourens, Emma Carstens, Lize Coetzee, JP de Wet, Maya Visagie, Alexander Koen, Nina Pienaar, Ava Nolte en Jani Pienaar TEKS Christie van Niekerk REGIE, KOSTUUMS, REKWISIETE, BELIGTINGS- EN KLANKONTWERP Veronica Geldenhuys STELONTWERP Marieke Carstens en Juan Geldenhuys HULPAFRIGTER EN GRIMERING Caeli Aggenbach VERHOOGBESTUURDER Juan Geldenhuys VERVAARDIGER Laerskool Durbanville

Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie

Klein KKNK-teater

Afrikaans•

Gesin •

25 min.

DATUM(S)

3 April 2026, 15:30

4 April 2026, 13:00

Al ooit gewonder wat gebeur agter die zip van ’n potloodsakkie in ’n skooltas van ’n gr. 7-leerling op die eerste dag van ’n nuwe skooljaar? Kom ontmoet die ou skryfbehoefte-maats en sien hoe die toevoeging van nuwe, vreemde skooltoebehore die dinamika in die sakkie verander. ’n Krisis-oomblik is egter die katalisator, waar die skryfbehoeftes besef dat hulle mekaar nodig het en dat slegs samewerking ’n tragedie kan help voorkom. Kan Penny, die Bic Smooth Roller, gered word en kan die skryfbehoeftes mekaar vertrou en as ’n span funksioneer?

Potloodsakkie was een van ses laerskoolproduksies wat gekies is om deel te neem aan die ATKV-Tjokkertoneelfinaal by die Baxter-teater in 2025.