Gebou soos Steffi Graf

MET Chris Vorster TEKS Chris en Liza Vorster REGIE Chris Vorster en Marion Holm VERHOOGBESTUURDER Thys Heydenrych

’n Vrystaat Kunstefees-produksie.

R190 (vooraf) • R170 (Vriende van die KKNK) • R210 (by die deur)

Van Reede-skoolsaal (Hoogstraat)

Afrikaans •

Geen o. 13 T •

70 min.

DATUM(S)

1 April 2026, 10:00

2 April 2026, 14:30

3 April 2026, 14:30

4 April 2026, 14:30

Ná al die vreesaanjaende berigte oor Wilgenhof het ek angs en trauma uit my jare in Die Plek probeer onthou, maar ál wat my geheue kon baasraak, was flitse van fantastiese partytjies. En dan verál die naweek saam met Steffi … natuurlik nie die regte Steffi Graf nie, daarvoor was my tennis te swak. Ek was aspris onbewus van die wêreld buite die Bos, want vir my het alles ín die Bos gedraai om braaivleis, rugby, sonskyn en Wilgenhof.

Wenner van twee Vryskitter-pryse by die Vrystaat Kunstefees in 2025.