DEBUUT

ge-gebergtes

MET Nic de Jager, Daneel van der Walt, Jayden Dickson, Ntombi Makhutshi en Miché van Wyk TEKS Saartjie Botha REGIE Wessel Pretorius BEWEGINGSREGISSEUR Sylvaine Strike MUSIEKREGIE Charl-Johan Lingenfelder STEL- EN KOSTUUMONTWERP Birrie le Roux BELIGTINGSONTWERP Luke Ellenbogen VERHOOGBESTUURDER Lulu Heleen Kieser PRODUKSIEBESTUURDER Jeanne-Marié Koekemoer

’n KKNK-produksie.

R195 (vooraf) • R175 (Vriende van die KKNK) • R215 (by die deur)

SANW-ouditorium (Parkweg-Noord)

Afrikaans •

Geen o. 13 OB •

90 min.

DATUM(S)

29 Maart 2026, 13:00

30 Maart 2026, 09:30

31 Maart 2026, 18:30

1 April 2026, 09:30

2 April 2026, 18:30

3 April 2026, 15:00

’n Paar dae ná sy 90ste verjaarsdag word ’n emeritus professor oorweldig deur die lewe. Dit was ’n Saterdag, die Springbokke sou die middag speel, en sy rekenaar, foon, niks wou werk nie, alles het net te veel geraak. ge-gebergtes is ’n poging om sin te maak van sy konfrontasie met tegnologie. Van om oud te word en te wees: ’n toestand van gestadige aftakeling en groeiende hulpeloosheid en afhanklikheid. Die agteruitgang van liggaamlike en kognitiewe vermoëns vir almal om waar te neem. Kinders wat ver is. Die wêreld wat voortsnel in ’n ander trajek. En jy wat wag.

Teks ontwikkel vir die KKNK se tiende Teksmark in 2025.