20-MINUUT-VERTONGINGS
Hierdie jaar is die vierde verfyning van ons dapper tog tot teater met ’n pols! As ons enigiets geleer het by Blitsteater, is dit dat kort-teater jou net so hard kan tref soos enige lang toneelstuk – soms vinniger!
Vir die KKNK se 30ste verjaarsdag haal ons nie ons voet van die pedaal af nie, inteendeel, ons trap plat. Verskeie uiteenlopende 20-minuut-blitsvertonings vorm deel van hierdie jaar se aanbod. Kom loer in vir teater wat jou aan die skouers gryp en stukkie vir stukkie losskud uit die gewone. Hierdie jaar se groep kunstenaars is gevaarlik nuuskierig, en elke produksie nooi jou om saam te verken. Blitsteater is vir almal.
Toegang tot die blitsvertonings is ingesluit by jou Feesmark-kaartjie. Skiet deur na die feesterrein as jy ’n gap het of hang ’n dag hier rond as dit jou vibe is.

Blitsteater
As ons enigiets laasjaar by Blitsteater geleer het, is dit dat kort teaterwerke jou net so hard kan tref soos ’n lang toneelstuk – soms vinniger! Agt uiteenlopende 20-minuut-blitsvertonings vorm deel van hierdie jaar se aanbieding.

Dom, PasOp!
Welkom in die lewe van ’n Cheese Boy. Hy is ryker as meeste swart ouens en sy sak is platter as meeste wit ouens … Net sag genoeg om van albei kante die brak se byt te voel.

Excerpts | Uittreksels
’n Versameling monoloë wat die dekades-oue onderwerpe van Westerse inmenging, sielkundige kondisionering en sensuur, deur ’n Kaapse lens ondersoek.

Met die maan gepla
’n Muis wat nog nooit kon droom nie, begin wonder oor die maan. Wat volg is ’n klein verhaal oor groot drome en die dinge wat ons laat opkyk. ’n Visuele, hartroerende storie vir oud en jonk.




