Mandri Sutherland (Vroudrie) keer vanjaar terug met Vrou ens 1.2. Dit handel oor die vrouens wat haar tot dusver, en steeds, definieer, kritiseer, irriteer, uitdaag en inspireer. Die stuk is ’n kombinasie van storievertelling en karaktervertolking. Sy gooi lig, liefde, humor en vet op die Afrikanervrou se swaarhede en waarhede. Kom luister, kom leer, kom deel in die hype, hoop en liefde van samesyn. Vind jou waarheid by hierdie jaar se grootste safe space. Maak seker jy loop nie dié once in a lifetime-geleentheid mis nie.