Verwelkingslied

MET Antoinette Kellermann en Dawid Minnaar TEKS Breyten Breytenbach VERWERKING Tessa Louw en Marí Borstlap REGIE EN ONTWERP Marí Borstlap BELIGTINGSONTWERP Faheem Bardien KLANKBAAN Wilken Calitz VIDEO-ONTWERP Richard Thomson VERHOOGBESTUURDER Katy Jones ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER EN BELIGTINGSOPERATEUR Anina van de Wall PRODUKSIEBESTUURDER Amber Fox-Martin VERVAARDIGER Suidoosterfees

’n Ko-produksie van die Suidoosterfees en Momentum Aardklop, moontlik gemaak deur Spier Arts Trust, NATi, die Het Jan Marais Nationale Fonds en Audi Centre Claremont.

R200 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)

Gimsaal (Scheepersstraat)

Afrikaans •

Geen o. 13 OB •

70 min.

DATUM(S)

30 Maart 2026, 11:00

1 April 2026, 18:00

3 April 2026, 09:30

4 April 2026, 17:30

Sien Breyten Breytenbach se Verwelkingslied én Boklied by die KKNK en bespaar 30% met die Breyten Breytenbach-pakket. Koop jou Breytenbach-pakket hier.

In Breytenbach Breytenbach se laaste toneelstuk word ons op reis geneem deur die meester wat homself by sy eie begrafnis voorstel. Breyten tree hier in ’n bewussyn-verruimende asook intieme gesprek met ’n ou verhoogaktrise. Vir oulaas wil hy álles opweeg – maar kan die ou aktrise sy laaste woorde na waarde vertolk? Verwelkingslied is Breyten Breytenbach se ontroerende swanesang, kort voor sy dood in 2024 vir die Suidoosterfees geskryf en opgedra aan Antoinette Kellermann en Marthinus Basson.