Magda en Erhard het beplan om die gehoor te beïndruk – goeie storie, goeie humor, goeie waarde vir geld. Maar Erhard vergeet waar hy is, Magda probeer red wat te redde is, en die dans … wel, dis maar “Louw-warm”. Tog groei daar, tussen die chaos en die komedie, ’n eerlike gesprek oor die kuns van oudword en die lewensprente wat ons almal verf. Deur lag en nostalgie ontdek hulle dat selfs wanneer die verf opdroog, bly daar steeds kleur oor om te bewonder. ’n Warm, wys en onweerstaanbare menslike vertoning vol humor en hart.