DEBUUT

Die gebed van ’n halfmens

MET Tobie Cronjé, Annelisa Weiland, Marlo Minnaar, Brendon Daniels, Alyssa Dionne en Gretha Brazelle TEKS EN REGIE Nicola Hanekom MUSIEK Braam du Toit CHOREOGRAFIE Fiona du Plooy BELIGTING EN VERHOOGBESTUURDER Elana-Marié Snyman ASSISTENT-VERHOOGBESTUURDER Jan Fouché VERVAARDIGERS KKNK en Grant Swanby, namens Haas & Kaas

’n Produksie van Haas & Kaas en die KKNK, moontlik gemaak deur NATi.

R200 (vooraf) • R190 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)

Ashoop (Victoriastraat, in die rigting van Oudtshoorn-gevangenis)

Afrikaans •

Geen o. 16 T, V •

70 min.

DATUM(S)

30 Maart 2026, 18:30

31 Maart 2026, 18:30

1 April 2026, 18:30

2 April 2026, 18:30

3 April 2026, 18:30

4 April 2026, 18:30

Op ’n stortingsterrein buite Oudtshoorn wag ’n voorspelling van waarheen die mensdom dalk op pad is. Dié drama ondersoek die impak van tegnologie: Skouspel of gruwel? Wittgenstein het gesê dat die menslike liggaam die mees akkurate skets van ’n mens se siel is. So, wat gebeur as tegnologie binne ons biologie geïntegreer word? Hoe beïnvloed dit ons evolusie? Hoe beïnvloed dit ons intelligensie en wat word van ons siel? Die karakters se enigste toevlug is ’n ashoop. Wat is die menslike liggaam en ’n lewe werd?

Die teks is oorspronklik as deel van die KKNK se 10de Teksmark by die Baxter-teater voorgelê.