Die KKNK staan al vir drie dekades sy plek vol as lanseerplatform vir Afrikaanse teater, ’n sleutelrede vir die fees se groot invloed. Dit het vir die Afrikaanse verhoogkuns ’n groot en sigbare tuiste gegee.
Met inisiatiewe soos die Teksmark ondersteun die fees deesdae die hele kreatiewe waardeketting – van idee tot produksie. Dis ’n plek vir musiek, visuele kunste en literatuur; ook ’n debatplatform en ’n ekonomiese enjin en werkskepper vir die gemeenskap.
Die KKNK weerspieël die veerkragtigheid van die Afrikaanse kunstegemeenskap wat hulle nie laat onderkry deur uitdagings nie – of dit nou ’n pandemie, stygende koste
en minder geld, of politiek van allerhande aard is.
Dit is vir Netwerk24 ’n groot eer om julle as borg en deur ons diskoersgesprekke, Netwerk24-feeskafee en ander aktiwiteite te ondersteun. Ons glo die fees sal bly innoveer en aanpas en vra wat die KKNK is en behoort te wees – en dat dit in die jare wat kom blywend sal weerklank vind in die programsamestelling, gemeenskapsprojekte en vennootskappe.
Henriëtte Loubser
Hoofredakteur: Netwerk24