Suikerkoekie-versierklasse

AANGEBIED DEUR Marita Lamprecht

R500

Palmoord 375 (Pauline Smith-straat)

Afrikaans en Engels •

Gesin •

150 min.

DATUM(S)

30 Maart 2026, 09:30

31 Maart 2026, 14:30

1 April 2026, 09:30

2 April 2026, 09:30

3 April 2026, 14:30

Wou jy nog altyd leer om suikerkoekies kreatief te versier en jouself ’n bietjie uit te daag? Hier is jou kans. Leer die basiese tegnieke van “flooding”, “wet on wet” en “wet on dry” onder leiding van Marita Lamprecht. Sluit aan by ander versier-entoesiaste en geniet ’n dag van suikerpret. Die tema van die sessies is Paasfees en elkeen ontvang ’n aantal koekies wat die tema uitbeeld, waaronder voëltjiehuise, hasies, paaseiers, kruise en blomme. Toerusting wat benodig word, word verskaf. Dit sluit ’n resepteboekie, spuitsak, verskillende kleure aangemaakte versiersel en versierings in. Bykomende pakkies met koekies, asook houers met vooraf-bereide versiersel, word te koop aangebied en ligte verversing word bedien.