DEBUUT

Liewe Heksie word ‘gescam’

MET Eldon van der Merwe en Mia van der Merwe TEKS EN REGIE Margit Meyer-Rödenbeck MUSIEK Luca Human KOSTUUMONTWERP Karon Botes DEKOR EN STELONTWERP Gerrit Snyman VERHOOGBESTUURDER Erynn Troup VERVAARDIGER Start the Conversation

Ondersteun deur Human & Rousseau, ’n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers.

R110 (vooraf) • R100 (Vriende van die KKNK) • R120 (by die deur)

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

Afrikaans •

Gesin •

60 min.

DATUM(S)

30 Maart 2026, 09:30

31 Maart 2026, 12:30

1 April 2026, 16:30

Liewe Heksie het ’n prys in ’n talentkompetisie gewen. Karel Kat wil haar leer om mooi na haar prysgeld te kyk. Haai oe, maar groot woorde soos finansies, rente en begrotings, of is dit nou bekleinings, laat Levinia se kop draai. Karel begin deur vir Levinia ’n spaarvarkie te gee, maar die nare Geelheks is altyd in die omtrek en wil haar kloutjies op die geld kry. Karel besluit dat ’n bankrekening met ’n bankkaart veiliger sal wees, maar dalk nie vir Liewe Heksie nie. Want o wee, Levinia kan nie altyd so mooi onthou nie en syfers en tel tel nie onder haar talente nie en laat haar uitgelewer aan scammers.