Marthinus Basson (regisseur), Tom Lanoye (skrywer en vertaler) en lede van die geselskap van Atropa: Die wraak van vrede gesels oor die produksie, teater as ’n weerspieëling van die wêreld en waar hul inspirasie vandaan kom.
Feesgangers het vanjaar as deel van die viering van drie dekades van die KKNK nie net die geleentheid om die herlewingsproduksie van Boklied te sien nie, maar ook sy laaste drama, Verwelkingslied.
Nicola Hanekom en die geselskap van haar nuwe plekspesifieke drama, Die gebed van ’n halfmens, gesels oor die uitdagings van plekspesifieke teater, maar waarom ’n nietradisionele ruimte vir teater ingespan word.
Cornelia Faasen (uitvoerende hoof van NATi) gesels met Ricardo Mackenzie (Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport) oor kuns en kultuur in die provinsie en hoe hy die pad vorentoe sien ten opsigte van samewerking tussen die staat en die kunstebedryf.
Sandra Prinsloo en Nic de Jager het al diep spore getrap. Sandra is vanjaar te sien in ’n nuwe eenvrouvertoning, Die ander dogter, en Nic in die drama ge-gebergtes.
Feesgangers word genooi om saam met die feesbestuur ’n glasie wyn te klink en hul hoogtepunte van die 30ste fees te deel, en ook sommer hoogtepunte van die afgelope drie dekades.