Breyten Breytenbach se teaternalatenskap

WITH onder andere Marthinus Basson, Dawid Minnaar en Antoinette Kellermann

Supported by the Western Cape Government.

Free

kykNET-leefarea

Afrikaans •

Family •

60 min

DATE(S)

2 April 2026, 14:00

Feesgangers het vanjaar as deel van die viering van drie dekades van die KKNK nie net die geleentheid om die herlewingsproduksie van Boklied te sien nie, maar ook sy laaste drama, Verwelkingslied. Die twee dramas vorm die boekomslag van Breytenbach se werk vir teater. Hy het op 24 November 2024 in Parys, Frankryk, gesterf. Boklied debuteer op 2 April 1998 by die KKNK. Wat as ’n omstrede première begin het, het gou in ’n uitverkoopte sensasie verander toe die toneelstuk ’n nasionale gesprek oor kunsvryheid, eksperimentele vorme en die rol van die kunste in politiek en politiek in die kunste ontketen het. Marthinus Basson, wat meeste van Breytenbach se teaterwerk geregisseer het, en Dawid Minnaar en Antoinette Kellermann, wat te sien is in Verwelkingslied, maar ook deel was van die oorspronklike geselskap van Boklied, en lede van die geselskap van die herlewingsproduksie van Boklied gesels oor Breytenbach se teaterwerk en nalatenskap.