Multidissiplinêre gemeenskapsprogram

A KKNK project, supported by the Jannie Mouton Foundation, Het Jan Marais Nationale Fonds and the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport.

In 2026 vier ons nie net die 30ste KKNK op Oudtshoorn nie, maar ook vyf jaar van Karoo Kaarte – ’n projek wat stadig maar seker die manier verander het waarop plattelandse geskiedenisse gedokumenteer, gedeel en herverbeel word. Wat begin het as ’n klein eksperiment in gemeenskapsvertelling, het sedertdien ontwikkel in ’n bekroonde model vir gemeenskapsgedrewe kulturele programsamestelling. Danksy samewerking en sorg kon Karoo Kaarte oor dié vyf jaar sitkamers betree, deur familiealbums blaai en te hore kom van herinneringe van toeka se tyd, waarmee ’n lewende argief saam met die mense van Oudtshoorn opgebou is.

Vir hierdie mylpaal keer die span terug na plaaslike fotografie om die uitruil van herinneringe, beelde, kennis en sorg tussen gemeenskappe – dikwels lank geskei deur ras, geografie en toegang – sigbaar te maak.

The Karoo Kaarte-program vir 2026 aktiveer plaaslike fotografiese versamelings wat in gesprek met Oudtshoorn se veelvlakkige verlede tree: Van intieme familie-argiewe en ’n plaaslike fotografiese ateljee tot die kragtige beeld-erfenis van Saamstaan, die anti-apartheid-gemeenskapskoerant wat swart en bruin lewens gedokumenteer het. Foto’s, mondelinge geskiedenisse en bydraes wat oor vyf jaar as deel van Karoo Kaarte versamel is, sluit naatloos hierby aan.

Karoo Kaarte eer die fotograwe, argiefbewaarders en storievertellers wat herinneringe lewend hou deur uitstallings, vertonings en gesprekke – en nooi gehore om saam nuwe maniere van sien en behoort in die Klein Karoo te verbeel.

Elise en Petra: ’n Grafiese roman

Ná die sukses van Queen (2025) en Domino Gents (2024), keer Karoo Kaarte in 2026 terug met ’n derde grafiese roman: Elise en Petra.

Karoo Kaarte-app

Stap in die lewende stories van Oudtshoorn in deur die Karoo Kaarte-app. Die app is ’n interaktiewe, mobiele argief wat die dorp omskep in ’n plek van geheue, stem en verwondering, gewortel in plek.

Kiekies

The exhibition explores the remarkable convergence of three collections of photographs and how they provide insight into Oudtshoorn’s social, cultural, and spatial history between 1950 and 2010.

Kiekies: ’n Dorp in foto’s

The print publication extends the exhibition into a collectable zine. Featuring curated images and excerpts from oral history interviews, the zine offers an additional layer of access to the three remarkable photographic collections that illuminate Oudtshoorn’s social, cultural, and spatial history from the 1950s to the 2010s.

Nabeeld: Vyf jaar van Karoo Kaarte

Die eerste paneel herbesoek die projek se reis oor vyf jaar en verken die ontwikkeling, metodologieë, uitkomste en impak daarvan. Paneellede besin oor hoe die projek sy plattelandse konteks gevorm het – en self daardeur gevorm is – met spesifieke fokus op sy verbintenis tot gemeenskapsgeleide argiewe.

Om te onthou: Plaaslike geskiedenis deur die lens van fotografie

Die tweede paneel bring navorsingsdeelnemers byeen om te besin oor hul ervarings om gefotografeer te word, beelde te versamel en dat hul stories die openbare domein betree.

Spoel

The award-winning Karoo Kaarte-team behind Die Swartmerrie returns with a brand-new drama from this project’s research. In Spoel , Oudtshoorn is remembered by the people who learned to look carefully. The play follows four Oudtshoorn residents – photographers and children from families of photographers – whose lives unfolded over generations in front of and behind the lens.