Kiekies

WITH participants of Karoo Kaarte CURATOR Vaughn Sadie

Karoo Kaarte is ’n KKNK-projek, ondersteun deur die Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds, Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport en Oudtshoorn-munisipaliteit.

Free

Karoo Kaarte Gallery (next to Oudtshoorn Tourism Office)

Family •

540 min

DATE(S)

28 March 2026, 09:00

29 March 2026, 09:00

30 March 2026, 09:00

31 March 2026, 09:00

1 April 2026, 09:00

2 April 2026, 09:00

3 April 2026, 09:00

4 April 2026, 09:00

Photographic Exhibition

The exhibition explores the remarkable convergence of three collections of photographs and how they provide insight into Oudtshoorn’s social, cultural, and spatial history between 1950 and 2010.

Die Gibson Photographic Studio (1954 tot 1994) was ’n kommersiële familieateljee. Hierdie plattelandse fotografieateljee het twee generasies van die Gibson-familie onderhou en wys hoe dit nie net as ’n besigheid gefunksioneer het nie, maar ook as ’n belangrike plek om herinneringe vas te vang. In die proses het dit onwetend ’n drasties veranderende Suid-Afrikaanse politieke landskap en die impak daarvan op Oudtshoorn en sy mense vasgevang en gedokumenteer.

Die Jonker-familieversameling, beskikbaar gestel deur Hazel Jonker, ’n voormalige onderwyseres en sakevrou van Bridgton, strek oor ’n soortgelyke tydperk en bied ’n intieme blik op die lewe in Oudtshoorn se Wesbank en Noordeinde, voor die gedwonge verskuiwings, asook die herinneringe aan dit wat daarna gebeur het. Deur portrette, familiebyeenkomste en gemeenskapsoomblikke, vang die versameling veerkragtigheid, heropbou en voortbestaan te midde van onteiening vas. Dit dien as ’n persoonlike rekord én as ’n belangrike getuienis van plaaslike geheue en uithouvermoë.

The Saamstaan-versameling (1984 tot 1995) kom van ’n struggle-koerant wat op Oudtshoorn gesetel was. Die koerant se gemeenskapsjoernalistiek het die daaglikse stryd en oorwinnings van bruin en swart gemeenskappe in die Groter Oudtshoorn-gebied tydens en ná apartheid gedokumenteer. Foto’s in hierdie versameling is verskaf deur Derrick Jackson, Albert Jozaffe, Andile Jaxa, Patrick Nyuka, Zathu Hanse, Pat Sambo, Ian Avontuur en Tommy Johnson.

Saam onthul hierdie drie versamelings hoe plattelandse sowel as persoonlike fotografie kollektiewe geskiedenisse vasvang, en wys dit hoe mense, plekke en gemeenskappe oor tyd onthou, voorgestel en verander word.

’n Rondleiding van die uitstalling saam met die span word van 30 Maart tot 4 April om 12:30 by die galery aangebied.