Om te onthou: Plaaslike geskiedenis deur die lens van fotografie

WITH Hans van der Veen, Hazel Jonker and Derrick Jackson MODERATOR Tiffany Witbooi 

Karoo Kaarte is ’n KKNK-projek, ondersteun deur die Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds, Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport en Oudtshoorn-munisipaliteit.

Free

Netwerk24-feeskafee

Afrikaans and English •

Family •

60 min

DATE(S)

3 April 2026, 14:00

As deel van die herdenkingsprogram, word die implikasies van interkulturele geheuewerk in plattelandse kontekste in twee paneelgesprekke ondersoek.

Die tweede paneel bring navorsingsdeelnemers byeen om te besin oor hul ervarings om gefotografeer te word, beelde te versamel en dat hul stories die openbare domein betree. Die gesprek verken fotografie nie net as ’n werktuig om iets te dokumenteer nie, maar ook as ’n persoonlike, verhoudings- en politieke handeling – een wat beïnvloed hoe plaaslike geskiedenisse opgeteken, verstaan en sigbaar gemaak word.