Niefiksie: Politiek
Julius Malema het sy groeiende politieke mag misbruik om sy party te befonds en om ’n eie persoonlike fortuin op te bou, ten koste van die arm Suid-Afrikaners vir wie hy na bewering veg. Bekroonde joernalis Pauli van Wyk gesels oor die verstommende besonderhede van Malema se Limpopo-skandale wat wys hoe geldgierigheid Suid-Afrikaanse politiek vergiftig. In hulle boek het Pauli en haar medeskrywer, Micah Reddy, onthul hoe Malema oor die jare sy modus operandi verfyn het, wat dit vir die regstelsel moeilik maak om hom aanspreeklik te hou.