Fiksie
Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hulle vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldon-kleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag. Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: die onbekwame Keith. En Ethel, die matriarg, is al in haar tagtigs. Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van 25 jaar gelede heel anders … Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.