Fiksie
Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras om aangewys te word as een van die top- mediese studente wat blyplek in die gesogte Straumann Huis kry. Maar haar opgewondenheid is van korte duur wanneer sy uitvind dat sy in die kamer gaan bly van ’n student wat ’n jaar gelede op die kampus vermoor is. In die Straumann Huis begin vreemde dinge gebeur. Boonop word Lola se slaap versteur deur drome oor haar oorlede tweelingsuster. Om al die spoke ter ruste te lê, móét sy die geheim oor die moord ontrafel – sónder dat iemand die waarheid oor haar eie verlede te wete kom. Waar bloed kruip is Marieta Carrick se debuutroman, nou heruitgegee. Die gebeure vind plaas vóór dié van haar gewilde Bloed van ’n vlinder.