Niefiksie: Sielkunde
Leierskap- en lewensafrigter Gretha van der Merwe is self deur skokterapie en Stikland. Totdat sy na haar lyf begin luister het. In hierdie boek deel sy haar reis – van spirituele ontwaking, van emosioneel volwasse word, van die taal van haar lyf wat sy moes leer vertrou – om nie net te oorleef nie, maar werklik te leef. Lyfluister is ’n ontdekkingstog deur die sielkunde, meditasie, joga en Oosterse filosofieë. Dit bevat die praktiese raad en oefeninge van ’n ervare afrigter vir diegene wat nadink oor die lewe se grootste vrae: Wie is ek? Wat is die lewe? Wat is liefde? Wie is die Goddelike? Wat is my doel op aarde?