Riviere in die wildernis

WITH Karlien van Jaarsveld (skrywer) en Nadine Petrick (gespreksleier)

Aangebied deur Penguin.

Free

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Afrikaans •

Family •

45 min

DATE(S)

30 March 2026, 10:30

Niefiksie

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien van Jaarsveld vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister. Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie, ineengevleg met haar onwrikbare geloof, gestap het. In hierdie poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor grepe uit haar lewe in kwesbare tye. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge. In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds ’n halleluja te sing.