Dharma-dwaas in Doodloopstraat

WITH Sjaka S. Septembir (skrywer) en Daniel Hugo (gespreksleier)

Aangebied deur Turksvy.

Free

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Afrikaans •

Family •

45 min

DATE(S)

30 March 2026, 14:30

Fiksie

In Dharma-dwaas in Doodloopstraat is die randfiguur Biko April op soek na sy eie stem in die mededingende wêreld van kunstenaarskap. Enersyds vrees hy eensaamheid en andersyds vrees hy groepdenke en ’n gebrek aan uniekheid wat met eendersheid gepaardgaan. Sy verskeurdheid neem hom op ’n swerftog na die ontdekking van sy eie kreatiwiteit. Waar hoort hy as skrywer? Het sy woorde bestaansreg? Watter verskil maak dit? Septembir is een van die oorspronklikste stemme in die Afrikaanse letterkunde. Dié vervolg op Die bardo van Biko April daag jou uit om dieper te dink en die kompleksiteite van ons tyd in oënskou te neem.