Die aktualiteitsprogram Wie’s Nuus? met Netwerk24 op kykNET bring ’n gespreksreeks na die KKNK wat gratis aangebied word. Wicus Pretorius, wat tans waarneem as aanbieder (in Mia Spies se plek), lei dié gesprekke in die Netwerk24-feeskafee. Wicus sal met nuusmakers gesels oor enigiets van politieke kwessies soos infrastruktuuruitdagings in disfunksionele munisipaliteite tot met ikoniese akteurs oor die kultuurlandskap – wat ook al die onderwerp dit beloof om insiggewend en vermaaklik te wees. As jy met insig wil saampraat by die braaivleisvuur, woon dié gesprekke by. Die name van die gaste vir elke dag is aanlyn beskikbaar by kknk.co.za, of op sosiale media. Skandeer dié QR-kode as jy wil sien wie wanneer op die verhoog is. Jy is genooi, kom gesels saam!