Moederboeke en sustertale

Antjie Krog en Tom Lanoye in gesprek

Ondersteun deur Literatuur Vlaanderen.

Free

Netwerk24-feeskafee

Afrikaans •

Family •

60 min

DATE(S)

29 March 2026, 10:00

Antjie Krog en Tom Lanoye is twee gevierde skrywers uit verskillende wêrelddele wat vrylik tussen genres beweeg. Die vertrekpunt van die gesprek is onder meer ouers en spesifiek moeders, na aanleiding van hul boeke Binnerym van bloed en Sprakeloos, asook die Suid-Afrikaanse verhoogdebuut van Atropa: Die wraak van vrede by die KKNK. Lanoye het self sy bekroonde Belgiese drama na Afrikaans vertaal, terwyl Krog voorheen die vertalings van Mamma Medea en Koningin Lear gedoen het. In ’n tydperk wat uit wans voel, besin die twee denkers, vriende en kollegas oor die kunste, literatuur, taal en miskien die wêreld.