Die vuur huil

WITH Allen Grootboom (skrywer) en Julian Jansen (gespreksleier)

Aangebied deur Tafelberg.

Free

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Afrikaans•

Family •

45 min

DATE(S)

1 April 2026, 12:00

Fiksie

In die vroeë 1970’s onderneem die 21-jarige Jakob Koetaan ’n lewensveranderende reis van die Baai na Kaapstad – ’n stad wat hom sedert sy kinderjare gelok het. Wanneer ’n toevallige ontmoeting by die OK Bazaars hom saam met PAC-aktiviste in die tronk laat beland, raak Jakob bevriend met Sipho, ’n charismatiese leier wat sy oë oopmaak vir die stryd om vryheid. Want Jakob wéét hoe dit is om nie vry te wees nie. Sy familie het immers hulle plaas Towerwater weens apartheid se Groepsgebiedewet verloor, en hy moes ophou skoolgaan om vir sy jonger suster te help sorg. Maar die prys van ontwaking is swaar. Soos boikotte tot geweld oorgaan, word alles wat Jakob glo oor lojaliteit, liefde en die betekenis van tuiste getoets. ’n Kragtige struggleverhaal deur die oë van ’n jong man wat sy plek tussen sy mense in die stryd om vryheid ontdek.