Niefiksie: Rubrieke
Ná Verhale uit Volstruisville volg Stephan Henrico se tweede bundel met vertellings, rubrieke, sketse en waarnemings. Vere langs die pad is biografiese kortverhale wat die skrywer se beskouing oor die lewe blootlê. Ons almal word gevorm deur ervarings, indrukke en gebeurtenisse, maar nie almal kan, soos Stephan, van ’n afstand perspektief daarop gee nie. In sy geval is dit sy grootwordjare, sy loopbaan as weermagoffisier, sy rol as gesinsman, maar ook plek, tyd en omgewing, wat die grootste rolle in sy lewe speel.