Niefiksie: Politiek
Op 23 Augustus 2021 op pad huis toe sterf ’n hardwerkende, stil enkelma in ’n koeëlreën. Haar naam was Babita Deokaran, hoofrekenmeester by die Gautengse departement van gesondheid. Jeff Wicks doen verslag oor die arrestasie van die izinkabi wat betaal is om haar te vermoor. Hoekom moes sy sterf? Jeff se soektog na dié antwoord sou sy lewe vir altyd verander – en selfs in gevaar stel. ’n Spanningsverhaal vol aksie, uitstekend geskryf, oor die soeke na geregtigheid.