Die skuld wat bloed betaal

WITH Sandra Skinner (skrywer) en Marliza van den Berg (gespreksleier)

Aangebied deur Naledi.

Free

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Afrikaans •

Family •

45 min

DATE(S)

29 March 2026, 14:30

Fiksie

Twee kinders – een wit, een bruin – beur die lewe in en word gedurende die apartheidsjare in dieselfde plattelandse omgewing groot. Onder dié grond voed die bloed en beendere van voorsate die DNS van die landskap. Vernietigende gedragspatrone vloei soos kanker deur die are van een geslag na die volgende. Wanneer die noodlot hulle wêrelde in botsing bring, keep dit diep wonde. Hulle bly die skuld van bloed betaal.
Met hierdie sterk en boeiende debuut hou Sandra Skinner ’n spieël van die hede op en dwing sy die leser om skokkende wreedhede van ons verlede in die gesig te staar.