Niefiksie
Van ’n afstand af is ’nversameling van memoires, verhale, sketse en vertellings as deel van ’nterugskouing oor ’n leeftyd. Van die skrywes is oor ’ntydperk in Afrikaanse koerante onder Koos van die Waterberge geplaas. Daar is ses afdelings: vertellings oor vriende, die gesin, musiek, ’nplaas in die Waterberge, alles en nog wat, en kommentaar oor aktuele en politieke aangeleenthede. Die boek bring ’nboodskap oor die diverse fasette van ons bestaan: van menslikheid en medemenslikheid, humor binne ligter oomblikke, uitdagings, van die belangrikheid van persoonlike oopstelling van ander mense se interessanthede, van mooi en aangrypende oomblikke op ons lewenspad en, natuurlik, die kompleksiteite en ernstiger sy van ons bestaan.