Fiksie
Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na ’n vergadering genaamd “Removal of Monuments” ontbied. Dié twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl Joubert glo van sy betoorgrootmoeder se kant afstam van generaal Piet Joubert. Minister se opdrag: Al die apartheid- en koloniale standbeelde, simbole en monumente moet verskuif word. Pixley en Joubert moet deur die land reis en die ongewenste monumente besoek, die situasie evalueer, en dan met ’n plan vorendag kom oor hoe dit gedoen sal word. Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle toer op soek na ’n geskiedenis waarvan sommige eerder wil vergeet, kom besoek hulle persoonlike geskiedenisse hulle ook.