Niefiksie
Ná C’est la vie (2013) en Net mooi fine (2019) is Lanie van Reenen terug met Vandagsedag; die vertelling van’n kleiner, onder-die-radar-lewe; die huis wat sy liefderik restoureer in die plattelandse dorpie waar sy land, hoe sy, ten spyte van die beperkinge wat met die ouderdom saamkom, steeds ja sê vir avonture. Sy beleef die laaste jare van haar ma se lewe intens en bring haar eie gedagtes oor oud word in perspektief. Sy verlustig haar in die klein detail van ’n vervullende alleenlewe, besef dat sy dit tot ’n kunsvorm kan verhef in die wete dat al wat ons het, is inderdaad vandag se dag.