Niefiksie
In 1992 loop ’n 17-jarige André Pretorius op sy eentjie in Barcelona rond. Onder die Olimpiese vlam ontbrand ’n hartstog wat hom vir die volgende drie dekades keer op keer terugneem na Spanje. In hierdie boek – ’n onbedoelde tweeluik met sy hoog aangeskrewe Italiaanse intermezzi– beskryf hy daardie Spaanse reise. Op die perkament van ’n ou Spanje met sy eggo’s van drie operas – van kerk en staat, van sensualiteit, van spoke van die verlede – vind hy die rolprentmaker Pedro Almodóvar se skets van die nuwe Spanje van ons leeftyd.