Reünie

MET Frank Opperman TEKS Dana Snyman REGIE EN BELIGTINGSONTWERP De Klerk Oelofse PRODUKSIEBESTUURDER Marie Vogts

’n Innibos-produksie, ondersteun deur NATi.

R215 (vooraf) • R195 (Vriende van die KKNK) • R240 (by die deur)

Gimsaal (Scheepersstraat) en SANW-ouditorium (Parkweg-Noord)

Afrikaans •

Geen o. 10 T •

70 min.

DATUM(S)

30 Maart 2026, 18:30

3 April 2026, 09:30

Reünie se vertoning in die Gimsaal (Scheepersstraat) is uitverkoop (30 Maart 18:30), maar daar is goeie nuus! ’n Ekstra vertoning is bygevoeg in die SANW-ouditorium (Parkweg-Noord) op 3 April om 09:30. Klik hier vir jou kaartjies.

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Dana Snyman en Frank Opperman snoer weer kragte saam – verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.

Frank Opperman is bekroon met die kykNET Fiësta-prys vir beste akteur vir sy spel in dié stuk.