{"id":3313,"date":"2026-04-17T13:32:13","date_gmt":"2026-04-17T11:32:13","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=3313"},"modified":"2026-05-18T13:37:14","modified_gmt":"2026-05-18T11:37:14","slug":"hans-van-der-veen-die-man-wat-die-magiese-oomblikke-geruisloos-vasvang","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/nuus\/hans-van-der-veen-die-man-wat-die-magiese-oomblikke-geruisloos-vasvang\/","title":{"rendered":"HANS VAN DER VEEN: Die man wat die magiese oomblikke geruisloos vasvang"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Deur Liesel le Roux<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Feesgangers sal Hans en sy uitsonderlike foto\u2019s ken, die man met die kamera wat geruisloos tydens produksies \u2019n saal binnekom, foto\u2019s neem, en dan net so stil weer verdwyn. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hans was op sy dag een van Suid-Afrika se voorste middelafstandatlete en \u2019n uitmuntende 1&nbsp;500 m-atleet. Die Suid-Afrikaanse rekord vir seuns o. 17 wat hy in 1982 opgestel het, staan steeds.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hans, wat grootgeword het op die Van der Veen-familieplaas in die Kangogrotte-omgewing, vertel hy is vernoem na \u2019n Nederlandse regsgeleerde, Hans Verdam, wat met \u2019n verlangse Duitse familielid van die Van der Veens getroud was. Die Verdams het in die vroe\u00eb 1970\u2019s na Suid Afrika ge\u00efmmigreer en hulle op Oudtshoorn gevestig, en dit was by di\u00e9 einste naamgenoot van hom wat Hans sy eerste kamera ge\u00ebrf het. Toe hy egter die film van die eerste foto\u2019s wat hy met di\u00e9 kamera geneem het laat ontwikkel, was daar nie foto\u2019s nie en hy moes by die destydse Schoemans Radio hoor die kamera is stukkend &#8230;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMaar ek het hierdie ding gehad dat ek foto\u2019s wou neem, en toe tydens \u2019n rugsak-vakansie in Europa middel 1991 het ek vir my \u2019n Nikon FM2 in Duitsland gekoop. Dit was \u2019n kamera wat my gedwing het om fotografie behoorlik onder die knie te kry. Die verkoopsman se woorde aan my was: \u2018As jy di\u00e9 kamera koop, gaan jy leer van fotografie, want daar is niks outomaties aan die kamera nie!\u2019 \u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Min het Hans geweet hoe \u2019n groot rol foto\u2019s nog in sy lewe sal speel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het in daardie stadium in Johannesburg gewoon en was bevoorreg om van 1992 tot begin 1994 betrokke te kon raak by die Markteater se fotografiese stigting, die Market Photo Workshop, waar ek talle kursusse kon volg en baie geleer het by kenners soos TJ Lemon en David Goldblatt. TJ was die direkteur van di\u00e9 program wat bekend gestaan het as een van die land se belangrikste instellings vir die opleiding in dokument\u00eare fotografie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Diegene betrokke by die Market Photo Workshop was inspirerend en interessant, vertel Hans. \u201cIn daardie stadium van die oorgang na demokrasie in Suid-Afrika het heelparty&nbsp;<em>exiles<\/em>&nbsp;teruggekeer na die land. Ek onthou Margot Jansen het daar gewerk, daar was mense wat die gesogte World Press Photo-toekenning gewen het, terwyl David Goldblatt bekend was vir sy foto\u2019s waarmee hy Suid-Afrikaners binne die politieke landskap van die apartheid-era gedokumenteer het.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDaar was mense soos die fotograwe Gideon Mendel, James Nachtwey, Ken Oosterbroek en ander kenners saam met wie ons \u2019n bier of koppie koffie kon drink en na kon luister wanneer hulle praat oor hulle werk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit was \u2019n&nbsp;<em>amazing time<\/em>&nbsp;en \u2019n&nbsp;<em>amazing<\/em>&nbsp;groep mense. Om saam na Soweto en Alexandra te kon gaan om foto\u2019s te neem, het \u2019n hele nuwe w\u00eareld vir my as boerseun van Oudtshoorn geopen, \u2019n w\u00eareld wat ek nie geweet het bestaan nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDaar was iets van \u2019n&nbsp;<em>emerging future<\/em>&nbsp;in daardie tyd. En ek kon saam met hierdie ongelooflike kreatiewe mense werk \u2013 ons het letterlik nagte in die donkerkamer deurgebring.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk was in daardie stadium naby die einde van my MA-graad-studie in kliniese sielkunde en moes nog net my skripsie afhandel. Maar ek het terselfdertyd by die Johannesburg-gevangenis as kliniese sielkundige gewerk en ook nog atletiek afgerig \u2013 my lewe was nog altyd so dat ek \u2019n klomp goed gelyktydig doen! Die uiteinde daardie jaar was dat ek onbetaalde verlof moes neem om my skripsie betyds klaar te maak &#8230;\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Arts Alive-fees wat in September 1993 in Johannesburg begin is, was Hans se eerste blootstelling aan \u2019n kunstefees, \u2019n ervaring wat hy s\u00ea vir hom kosbaar was toe die KKNK twee jaar later op Oudtshoorn begin het.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns studente het die opdrag gekry om die Arts Alive-fees te dek en daaruit te leer. Ek het onder meer foto\u2019s van die nasionale simfonieorkes, William Kentridge en uitstallings by die Johannesburg-kunsmuseum in Joubertpark geneem. Dit was sulke belangrike blootstelling aan dokument\u00eare fotografie, wat vereis dat jy byvoorbeeld sonder \u2019n steurende kameraflits moet foto\u2019s neem, moet poog om onopsigtelik te wees, en niks vooruit kan stileer nie.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teen die einde van daardie jaar het Hans toestemming by die Johannesburg-gevangenis gekry om \u2019n uitstalling van dokument\u00eare foto\u2019s te doen oor \u2019n dag in die lewe van \u2019n gevangene, en hy kon tydens \u2019n opedag vir gevangenes se familielede iets wys van die lewe in \u2019n gevangenis.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hans het nadat hy sy studie voltooi het in April 1994 teruggekeer Oudtshoorn toe. Hier het hy as kliniese sielkundige by die SANW se siekeboeg begin werk.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar toe volg \u2019n telefoonoproep van \u2019n vriend van Hans, Dominique de la Croix, wat teruggekeer het Suid-Afrika toe nadat hy as bourekenaar in Burundi gewerk het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHy bel my uit Bloemfontein en s\u00ea: Wat van ons begin \u2019n fotografiese besigheid? En toe gebeur dit \u2013 begin Maart 1996, net \u2019n week voor die KKNK, open ons The Photo Workshop op Oudtshoorn.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit was finansieel \u2019n groot uitdaging vir ons en baie taai \u2013 ek en Dominique moes aanvanklik in ons blyplek \u2019n dubbelbed deel, want ons het niks anders gehad om op te slaap nie &#8230;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk moes ook nog my studieskuld afbetaal en het nie geld gehad nie. Ons het daardie tyd net gewerk. Vieruur smiddags nadat ek klaar was by die SANW het ek winkel toe gegaan. Ons was oop tot agtuur, maar ek het gewoonlik tot middernag daar gebly.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">The Photo Workshop was van die eerste dag af betrokke by die KKNK.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie groot ding vir my en Dominique was aanvanklik om te kon oorleef. Ons is gelukkig goed ondersteun deur fotograwe wat by ons foto\u2019s kom ontwikkel het.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cKunstenaars en regisseurs het ons begin vra om foto\u2019s te neem by produksies, en ons het uit ons eie die strate ingevaar en foto\u2019s geneem wat mense dan by ons kon koop.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>\u2019n Hoogtepunt in daardie eerste jaar van die KKNK was toe hy gevra is om foto\u2019s te neem van Athol Fugard se produksie<em>&nbsp;Valley Song<\/em>\u2013 geskryf en geregisseer deur Fugard en oorspronklik ook deel van die rolverdeling voordat Marius Weyers by hom oorgeneem het.&nbsp;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Hans-van-der-Veen-Foto-2-vir-groen-teks-Valley-Song-Argief.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-245922\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cWat my opgeval het by van die topproduksies, was hoe mooi die mense met mekaar praat. Ek dink aan mense soos Mannie Manim en Marthinus Basson. Jy het \u2019n&nbsp;<em>coach<\/em>&nbsp;nodig wat daai iets uit jou kan trek wat jy nie weet waartoe jy in staat is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEn daardeur betrek hulle jou as fotograaf ook!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hans s\u00ea dit was in die eerste jare van die fees baie moeiliker om met die kameras van destyds foto\u2019s tydens optredes te neem. \u201cDit het in \u2019n stil teater geklink of jy \u2019n geweerskoot afvuur wanneer jy \u2019n foto neem!\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Behalwe dat kameras deesdae stiller is, kan \u2019n fotograaf ook nou baie meer en makliker foto\u2019s neem as in die ou dae met die duur films wat kort-kort vervang moes word.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVaardighede soos komposisie, beligting en die regte oomblik is steeds belangrik. Ek geniet dit om \u2019n bietjie in die skaduwee terug te trek en dinge te laat ontvou en oomblikke te probeer vasvang \u2013 ek is doodeenvoudig mal oor teaterfotografie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit vereis egter lang konsentrasie \u2013 dis waar sielkunde en fotografie vir my by mekaar aansluit. Jy is die hele tyd besig en wag vir die oomblik wat jy kies om af te neem en die storie te vertel; om die essensie te probeer vasvang.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het ook al ervaar dat ek soms instinktief begin foto\u2019s skiet, asof jy bloot die boodskapper word van dit wat jy voor jou sien afspeel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEn ja, dit wat jy deur die lens sien, affekteer jou dikwels emosioneel \u2013 ek het al ervaar dat my kamera sopnat was van die trane &#8230;\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die jaar 2010<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hans is in 2010 deur die KKNK genader om meer betrokke te raak by die fees. Hans is sedertdien jaarliks amptelik as feesfotograaf betrokke by die fees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>2011 was ook die jaar van \u2019n besonderse fotografieprojek wat Hans, met die hulp van die kunste-ontwikkelingsbestuurder van die fees, Linda Marques, geloods het. Die Optelgoed-projek het straatkinders van Oudtshoorn, asook jeugdiges wat op die Oudtshoorn-stortingsterrein gebly het, blootgestel aan fotografie.&nbsp;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Hans-van-der-Veen-Foto-3-vir-geel-teks-Optelgoed-1024x691.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-245924\"\/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><br><br>Die kinders het n\u00e1 \u2019n basiese kursus in fotografie die geleentheid gekry om met weggooibare kameras hul lewens te dokumenteer. Die geesdrif en betroubaarheid van die kinders en die resultaat van hulle foto\u2019s het almal se asems weggeslaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het ongeveer 30 van die beste foto\u2019s deur die studente uitgedruk \u2013 die eerste twee persone aan wie ek dit gewys het, het albei gedink dit is foto\u2019s wat ek geneem het,\u201d het Hans destyds ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die projek is in 2011 suksesvol herhaal, di\u00e9 keer met kinders van die Kliplokasie, \u2019n nedersetting buite Oudtshoorn.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die twee projekte het ook sy lewe verander, vertel Hans.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDaardie twee projekte en die bevrediging wat ek daaruit gekry het, is wat veroorsaak het dat ek in 2013 weer teruggekeer het sielkunde toe.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hans was sedert 1 Mei 2013 tot met sy aftrede einde Januarie 2026 die departementshoof van sielkunde by die SANW se Health Centre South Coast. Hy is steeds werksaam as kliniese sielkundige op Oudtshoorn. Sy kamera is ook altyd byderhand.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En feestyd verskuif die fokus, maar ook nie heeltemal nie, want wat op die verhoog gebeur, is deel van sy vermo\u00eb om \u2019n fyn waarnemer te wees, dinge raak te sien: En dan uiteindelik daardie oomblik vas te vang wat die mens ten diepste raak.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>30 jaar deur \u2019n lens<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In di\u00e9 feesvieringsjaar kyk ons terug na duisende produksies wat aangebied is en derduisende kunstenaars wat opgetree het. Elkeen wat betrokke was of wat die feeste bygewoon het, het hul eie hoogtepunte. Om hoogtepunte van die fees oor die jare te probeer uitsonder, is haas onmoontlik. As \u2019n huldeblyk aan die fees kyk ons deur die lens van \u2019n fotograaf wat van die beginjare af betrokke was: Hans van der Veen.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hans ontvang vanjaar \u2019n spesiale Kanna vir sy diens aan die KKNK. Wat oor die volgende bladsye volg is maar enkele foto\u2019s uit \u2019n argief van letterlik duisende foto\u2019s. Dis nie noodwendig ikoniese produksies wat uitgelig word, of al die kunstenaars wat oor die jare die mees waardevolle bydraes gemaak het nie \u2013 dit is \u2019n visuele huldeblyk aan die kuns van fotografie en argiefmateriaal uit \u2019n enkele fotograaf se belewenis. Van die foto\u2019s is vir die eerste maal ontwikkel danksy negatiewe wat ontdek is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Hans se kamera was reeds vir die eerste KKNK in 1995 in aksie, nadat hy vir Antoinette Pienaar foto\u2019s van haar produksie,&nbsp;<em>Krotoa<\/em>, wat op Oudtshoorn gedebuteer het, geneem het (bo). Dit was die begin van \u2019n jare lange verbintenis met die fees, waartydens talle foto\u2019s geneem is. In 1996 het hy onder andere weer vir Antoinette Pienaar foto\u2019s geneem (onder).<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Antoinette-Pienaar-Krotoa-1995-684x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-245926\"\/><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Antoinette-Pienaar-en-Diederick-la-Grange-1995-1024x512.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-245925\"\/><\/figure>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die spesiale Kanna vir diens aan die KKNK word vanjaar toegeken aan Hans van der Veen, \u2019n boorling van Oudtshoorn, kliniese sielkundige, uitsonderlike fotograaf en op sy dag die houer van verskeie junior Suid-Afrikaanse rekords in die middelafstande.<\/p>","protected":false},"featured_media":3314,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[95],"class_list":["post-3313","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","tag-kknk-nuus"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3313","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3313\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3315,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3313\/revisions\/3315"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3314"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3313"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3313"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}