{"id":3262,"date":"2026-04-02T12:18:58","date_gmt":"2026-04-02T10:18:58","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=3262"},"modified":"2026-04-02T12:18:59","modified_gmt":"2026-04-02T10:18:59","slug":"verwelkingslied-lene-vorster","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/nuus\/verwelkingslied-lene-vorster\/","title":{"rendered":"Verwelkingslied &#8211; Len\u00e9 Vorster"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Die dood is soos teaterspel. Dis \u2019n sikliese bevrediging. Aan die einde van die aand, as die gordyn sak, is die spel verby en die lewe wat eens op die planke was weg. Dit wat uit die akteurs en skrywers en gehoor geblom het, verlep, en al wat oorbly is die hoop op \u2019n nalatenskap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Breyten Breytenbach se <em>Verwelkingslied <\/em>vra elke kunstenaar se groot vraag: Wat gebeur met jou werk as die dood aan jou deur kom klop? Die toneelstuk is \u2019n gesprek tussen twee stemme \u2013 die aktrise en die meester \u2013 en hoe elkeen omgaan met die sterflikheid van die mens en die voortbestaan van kuns. Dis \u2019n metapo\u00ebtiese omgang met die lewe van die skrywer, en Breytenbach se werk self.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Verwelkingslied <\/em>is Breytenbach se finale drama, \u2019n swanesang geskryf in 2024 vir die Suidoosterfees, en \u2019n bespiegelende uitkyk op die lewe en nalatenskap van die skrywer. Dit volg die gesprek tussen \u2019n ouer verhoogaktrise (Antoinette Kellermann) en die dooie meester (Dawid Minnaar), die skrywer van die werk waarmee sy besig is. Hul interaksies is komieklik somber en versier met maansiklusse en golfmotiewe, maar tref jou tog diep tussen die ribbes.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Beelde van sterflikheid en die self, wat dikwels te voorskyn kom in Breytenbach se werk, dra verder die skrywer se denke oor die dood treffend oor. Die meester-skrywer speel god: hy is alomteenwoordig en sonder hom bestaan die lewe op die verhoog nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Verwelkingslied <\/em>is \u2019n rou, eerlike uitkyk op die ruimtes van teater, skryfkuns en Suid-Afrika deur die o\u00eb van \u2019n skrywer en digter wie se nalatenskap nog vir jare \u2019n blywende impak sal h\u00ea. Breytenbach se laaste kommentaar op die w\u00eareld waarin hy homself bevind, en die kuns wat hy daaruit maak, is \u2019n spie\u00ebl wat uitgehou word sodat die skrywer homself daarin kan sien. Dit is \u2019n afskeidsbrief, en \u2019n pragtige een.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Titel: <em>Verwelkingslied<\/em><br>Met: Antoinette Kellermann en Dawid Minnaar<br>Regie: Mar\u00ed Borstlap<br>Tot: 4 April<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die dood is soos teaterspel. Dis \u2019n sikliese bevrediging. Aan die einde van die aand, as die gordyn sak, is die spel verby en die lewe wat eens op die planke was weg. <\/p>","protected":false},"featured_media":461,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[93],"class_list":["post-3262","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","tag-us-kadetjoernaliste"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3262","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3262\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3263,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3262\/revisions\/3263"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/461"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3262"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3262"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}