{"id":3253,"date":"2026-04-02T12:12:47","date_gmt":"2026-04-02T10:12:47","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=3253"},"modified":"2026-04-02T12:12:48","modified_gmt":"2026-04-02T10:12:48","slug":"deep-heat-krotoa-felix","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/nuus\/deep-heat-krotoa-felix\/","title":{"rendered":"DEEP HEAT &#8211; Krotoa Felix"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Met die Karoo-berge teen die agtergrond en met die Karoo-son wat skel skyn, beleef die gehoor <em>Deep Heat<\/em>.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is \u2019n plekspesifieke drama wat afspeel op \u2019n vlakte buite Oudtshoorn, op die pad Calitzdorp toe. Die storie handel oor Hedda (Carin Bester) wat op die vlug slaan en nou saam met haar broer, Gizz (Hendrik Nieuwoudt), in \u2019n pondokkie in die Karoo wegkruip.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die buitelugplasing van <em>Deep Heat<\/em> in die Karoo werk goed, want die oop vlaktes en berge verhelder die storie. Die warm weer en rooi grond dra ook by tot die sukses van die drama.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bester en Nieuwoudt lewer uitstekende vertolkings. Hul karakters verskil soos dag en nag, maar die gehoor kry tog \u2019n blik op die broer en suster se band \u2013 dit is diep, eerlik en soms onsensitief.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hedda is \u2019n gebroke vrou en Bester se vertolking bring die rowwe, emosionele kant van haar goed na vore. Hedda ervaar \u2019n eksistensi\u00eble dilemma en al haar verhoudings dra daartoe by. Sy gee ook \u2019n blik op die absurditeit van die man wat haar tiete wou sien in ruil vir water. Sy voel of sy geen liefde kry nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gizz, daarenteen, is kalm en probeer die mooi in die lewe raaksien deur vroegoggend te strek, te neurie en te mediteer.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die kombinasie van die kontrasterende karakters werk goed, want dit skep balans in die storie en dra by tot die spanning wanneer hul persoonlikhede bots.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die stuk, geskryf deur Ashraf Jamal, gee deur die uitbeelding van Hedda se lewe \u2019n blik op baie vroue se geleefde ervaring in Suid-Afrika, waar hulle in verhoudings bly uit \u201cliefde\u201d, maar nie besef dat hulle mishandel word nie. Sy verduidelik hoe al die mans met wie sy in \u2019n verhouding was \u201canders\u201d is, maar sy beland elke keer in \u2019n verhouding waar geweld betrokke is.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jy \u2019n Karoo-ervaring wil h\u00ea, gaan kyk <em>Deep Heat<\/em> \u2013 onthou net om \u2019n hoed en water saam te neem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Titel: <em>Deep Heat<\/em><br>Met: Carin Bester en Hendrik Nieuwoudt<br>Regie: Ilana Cilliers<br>Tot: 4 April<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die Karoo-berge teen die agtergrond en met die Karoo-son wat skel skyn, beleef die gehoor Deep Heat.\u00a0<\/p>","protected":false},"featured_media":2401,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[93],"class_list":["post-3253","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","tag-us-kadetjoernaliste"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3253","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3253\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3254,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3253\/revisions\/3254"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2401"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3253"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3253"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}