{"id":3247,"date":"2026-04-02T12:07:51","date_gmt":"2026-04-02T10:07:51","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=3247"},"modified":"2026-04-02T12:07:52","modified_gmt":"2026-04-02T10:07:52","slug":"hartsbriewe-lene-vorster","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/nuus\/hartsbriewe-lene-vorster\/","title":{"rendered":"Hartsbriewe &#8211; Len\u00e9 Vorster"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">As die tannies eers begin huil want dis so mooi, dan moet jy weet&#8230;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hannes van Wyk se <em>Hartsbriewe <\/em>is \u2019n stroperige clich\u00e9, amper soos teater met geverfde padstalversierings of soetsappige toesprake by troues.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Onder klavierbegeleiding van Coenraad Rall lees Van Wyk liefdesbriewe vir die liefdes wat die toets van die tyd deurstaan. Dis elegie\u00eb aan verlore liefde, liefde wat nog mag kom, en alles tussenin. Daar is briewe geskryf aan sy ma, sy hond, en sy gay beste vriend, maar ook van \u2019n ma aan haar oorlede kind en \u2019n brief van \u2019n boer aan sy grond.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Onder al die stroop en versiersuiker l\u00ea daar tog \u2019n rou vertoning met hart. Van Wyk se briewe het meeste van die gehoor (en homself) in trane gehad. Dit spreek tot die verlange en vreugde van liefh\u00ea, en verwoord die hartseer en mooi wat daarmee saamkom. <em>Hartsbriewe <\/em>bedien Van Wyk se eie ervarings met die liefde op \u2019n porseleinkoekbordjie, en die gehoor verorber elke krummel daarvan.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tussen die trane was daar ook komiese oomblikke. Rall se falsetto-stem in een van die briewe het gesorg vir \u2019n skaterende gehoor, en \u2019n humoristiese vertelling van skoolkinders se vloekwoorde het almal laat glimlag. Gedeelde ervarings van lag en seer, al is dit hoeveel van \u2019n clich\u00e9, oorbrug tog die gaping tussen gehoor en verhoog.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die moeilikheid met woorde is: as jy hulle nie s\u00ea nie, mag jy dalk nooit weer die kans kry nie. <em>Hartsbriewe<\/em> spreek tot die soetsappigheid van die liefde en die feit dat ons uiteindelik nie daarsonder kan klaarkom nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Titel: <em>Hartsbriewe<\/em><br>Met: Hannes van Wyk en Coenraad Rall<br>Teks: Hannes van Wyk en Desir\u00e9 Gardner<br>Tot: 1 April<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As die tannies eers begin huil want dis so mooi, dan moet jy weet&#8230;\u00a0<\/p>","protected":false},"featured_media":1217,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[93],"class_list":["post-3247","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","tag-us-kadetjoernaliste"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3247","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3247\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3248,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3247\/revisions\/3248"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1217"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3247"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3247"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}