{"id":3242,"date":"2026-04-02T12:05:32","date_gmt":"2026-04-02T10:05:32","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=3242"},"modified":"2026-04-02T12:05:33","modified_gmt":"2026-04-02T10:05:33","slug":"gat-lene-vorster","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/nuus\/gat-lene-vorster\/","title":{"rendered":"GAT &#8211; Len\u00e9 Vorster"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Oor die eeue heen woeker die mensdom onder dieselfde maan en sterre. Ons sterf in dieselfde grond as di\u00e9 wat voor ons geloop het. Elke gemeenskap dra die stories van hul stof saam waar hulle gaan, en dis juis wat Esm\u00e9 Martinus en Mich\u00e9 van Wyk se plekspesifieke dansteaterproduksie, <em>Gat, <\/em>uitlig.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die stuk sentreer om die Draghoender-familie en is \u2019n verhaal van \u2019n uitgelewerde gemeenskap se verlies en vreugde. Onder die sterrehemel van die Klein-Karoo nooi hulle jou na Okiep in die Noord-Kaap om te deel in die seer van \u2019n begrafnis en saam met hulle daaroor te rou. In die warm oranje lig word jy uitgenooi om die plekke waar die gemeenskap se hart en mense l\u00ea \u2013 Tamatiebult, White City, Gaatjiesrus, Brakputs \u2013 te leer ken.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een ding waarvan daar nie \u2019n tekort is in die Klein-Karoo nie, is dit stof, en <em>Gat <\/em>maak flink gebruik van die rooibruin aarde om verganklikheid en verlies oor te dra. Dit is \u2019n gemeenskap van die grond, waar mynwese lewens eis en kos nie altyd genoeg is nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die stof word \u2019n uitbeelding van die gemeenskap se swaar en soet. Benewens die skrywers Mich\u00e9 van Wyk en Esm\u00e9 Martinus word Arnold Klassen en die dansers Faroll Coetzee, Georgia Julies, Manon-Lee Saal, Druwayne Strauss en Keanu Samuels amper een met die grond. Hulle gooi dit in emmers oor mekaar, rol daarin of skop dit in wolke in die oranje naglug in. Hul kwesbaarheid en verganklikheid as individue, maar ook as \u2019n gemeenskap, word sterk beklemtoon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die dansers dra die emosies van die gemeenskap oor. Soms is dit opgewek en word daar gedans dat die stof spat, ander kere is dit stadig en melancholies terwyl daar hartseer gesing word.<em> Gat<\/em> is \u2019n spel opgedra aan die seer en vreugde van die lewe in Okiep, en Martinus en Van Wyk kry dit ongetwyfeld reg. Dit is rou, kwesbaar en die tipe spel waaroor daar nog baie gepraat sal word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Titel: <em>Gat<\/em><br>Met: Mich\u00e9 van Wyk, Arnold Klassen, Faroll Coetzee, Georgia Julies, Manon-Lee Saal, Druwayne Strauss en Keanu Samuels<br>Regie: Byron Klassen<br>Tot: 30 Maart<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oor die eeue heen woeker die mensdom onder dieselfde maan en sterre. Ons sterf in dieselfde grond as di\u00e9 wat voor ons geloop het. <\/p>","protected":false},"featured_media":3243,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[93],"class_list":["post-3242","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","tag-us-kadetjoernaliste"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3242","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3242\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3244,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3242\/revisions\/3244"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3243"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3242"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3242"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}