{"id":3230,"date":"2026-04-02T11:56:32","date_gmt":"2026-04-02T09:56:32","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=3230"},"modified":"2026-04-02T11:58:09","modified_gmt":"2026-04-02T09:58:09","slug":"lene-vorster","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/nuus\/lene-vorster\/","title":{"rendered":"Akrasia &#8211; Len\u00e9 Vorster"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat doen jy as jy nie kan aanbeweeg nie? Hoe maak jy met rou wat jy nie kan laat gaan nie?&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jy bou \u2019n kunsuitstalling uit Weense worsies en dra dit aan jou oorlede ma op. Daarna probeer jy \u2019n meisie daarmee be\u00efndruk. Hoe anders?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Akrasia<\/em> is \u2019n (baie letterlike) rou verhaal van verlies en liefde, en hoe \u2019n mens daarmee omgaan. Reuben (Heinrich Wentzel) is \u2019n jong kunstenaar wat ter herdenking van sy ma se dood \u2019n kunsuitstalling, getitled <em>Rou Moeder<\/em>, aanbied. Sy planne vir afskeid word egter omvergewerp as Candice (Ancois Bodenstein) by die deur inloop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In liefdesverhale hoop \u2019n mens dikwels vir tasbare energie en oulike aangetrokkenheid tussen karakters. Dis nie die geval in <em>Akrasia <\/em>nie. Hierdie twee karakters is lompe mense en amper pynlik ongemaklik in mekaar se teenwoordigheid. Hul vreemdheid teenoor mekaar skep \u2019n onderliggende spanning op die verhoog, maar albei steek iets weg en nie een wil dit erken nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wentzel dra sy karakter se smart met sjarme \u2013 hy is skerp, maar sy rou l\u00ea diep. Bodenstein vertolk met sekerheid \u2019n jong meisie wat oor haar woorde struikel. \u2019n Mens kan die vreemde Engelse meisie net nie vertrou nie, en tog is daar \u2019n kwesbaarheid aan haar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Smart is \u2019n absurditeit wat jou soms vreemde dinge laat doen, en dit kom duidelik deur in die regisseur en medeskrywer Kristen Fichardt se <em>Akrasia. <\/em>Die woord self verwys na die aksie om iets te doen wat jy duidelik weet jy nie behoort te doen nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Akrasia <\/em>is \u2019n spel van die kwesbare absurde; \u2019n gebotterde rolletjie van verontrusting en wantroue.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Titel: <em>Akrasia<\/em><br>Met: Heinrich Wentzel en Ancois Bodenstein<br>Regie: Kristen Fichardt<br>Tot: 31 Maart<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat doen jy as jy nie kan aanbeweeg nie? Hoe maak jy met rou wat jy nie kan laat gaan nie?\u00a0<\/p>","protected":false},"featured_media":3232,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[93],"class_list":["post-3230","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","tag-us-kadetjoernaliste"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3230","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3230\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3235,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3230\/revisions\/3235"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3232"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3230"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3230"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}