{"id":3164,"date":"2026-03-24T09:04:04","date_gmt":"2026-03-24T07:04:04","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=3164"},"modified":"2026-03-24T09:04:05","modified_gmt":"2026-03-24T07:04:05","slug":"ons-sien-daarna-uit-om-vanjaar-voluit-fees-te-vier","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/nuus\/ons-sien-daarna-uit-om-vanjaar-voluit-fees-te-vier\/","title":{"rendered":"Ons sien daarna uit om vanjaar voluit fees te vier!"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK staan al vir drie dekades sy plek vol as lanseerplatform vir Afrikaanse teater, \u2019n sleutelrede vir die fees se groot invloed. Dit het vir die Afrikaanse verhoogkuns \u2019n groot en sigbare tuiste gegee.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met inisiatiewe soos die Teksmark ondersteun die fees deesdae die hele kreatiewe waardeketting \u2013 van idee tot produksie. Dis \u2019n plek vir musiek, visuele kunste en literatuur; ook \u2019n debatplatform en \u2019n ekonomiese enjin en werkskepper vir die gemeenskap.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK weerspie\u00ebl die&nbsp;veerkragtigheid van die Afrikaanse kunstegemeenskap wat hulle nie laat onderkry deur uitdagings nie \u2013 of dit nou \u2019n pandemie, stygende koste<br>en minder geld, of politiek van allerhande aard is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is vir Netwerk24 \u2019n groot eer om julle as borg en deur ons diskoersgesprekke, Netwerk24-feeskafee en ander aktiwiteite te ondersteun. Ons glo die fees sal bly innoveer en aanpas en vra wat die KKNK is en behoort te wees \u2013 en dat dit in die jare wat kom blywend sal weerklank vind in die programsamestelling, gemeenskapsprojekte en vennootskappe.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Henri\u00ebtte Loubser<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoofredakteur: Netwerk24<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier op Oudtshoorn, by die moeder van die Afrikaanse feeste, is die afgelope dertig jaar vertolk aan Suid-Afrika se oppe en awwe, skuiwe in ons kultuur en identiteit, en verwikkelinge wat die samelewing, soms die hele w\u00eareld, oornag of geleidelik verander het. En natuurlik, onderliggend aan alles, het die kunste ons die menslike natuur dieper help uitpluis en beleef. <\/p>","protected":false},"featured_media":3159,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[91],"class_list":["post-3164","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","tag-borg"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3164","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3164\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3165,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/3164\/revisions\/3165"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3159"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3164"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3164"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}