{"id":2677,"date":"2026-02-27T11:21:56","date_gmt":"2026-02-27T09:21:56","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=2677"},"modified":"2026-02-28T08:36:09","modified_gmt":"2026-02-28T06:36:09","slug":"uitsonderlike-openingskonsert-wag-by-30ste-kknk","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/nuus\/uitsonderlike-openingskonsert-wag-by-30ste-kknk\/","title":{"rendered":"Uitsonderlike openingskonsert wag by 30ste KKNK"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Oudtshoorn-kunstenaars het verlede naweek, onder leiding van bekroonde musiekregisseur Janine Neethling, met repetisies vir die KKNK se <em><a href=\"\/en\/musiek\/voluit-openingskonsert\/\">Voluit Openingskonsert<\/a><\/em> afgeskop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie konsert word Saterdag 28 Maart om 20:00 in die Feesmark aangebied. Kunstenaars wat op Vrydag 20 en Saterdag 21 Februarie deel van die repetisies was, was onder andere Tino, Noemwoord, Frederico Fortuin, Bianca Hendricks, skoolkore van Langenhoven Gimnasium, Ho\u00ebrskool Oudtshoorn, Van Reede, Fezekile Secondary School en Calitzdorp se Kalliklip Vastrappers.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Drie dekades van kunste, kultuur en onvergeetlike oomblikke by die KKNK word met di\u00e9 konsert gevier \u2013 \u2019n skouspelagtige huldeblyk aan 30 jaar van die KKNK op Oudtshoorn en die perfekte afskop vir di\u00e9 fees! Hierdie spesiale opelugkonsert neem die gehoor op \u2019n nostalgiese reis deur die fees se ryk geskiedenis, maar kyk ook voluit vorentoe.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Neethling, musiekregisseur vir die openingskonsert, s\u00ea dit was uit die staanspoor belangrik om twee aspekte met di\u00e9 konsert te vereer. \u201cEerstens, Oudtshoorn en die distrik \u2013 om dankie te s\u00ea vir die KKNK se tuiste die afgelope 30 jaar. Tweedens, om die kunste in verskeie vorms ten toon te stel. Dit is beslis nie net \u2019n musiekkonsert nie, daar is dans, bewegingsteater, po\u00ebsie, uittreksels uit toneelstukke \u00e9n nuutgeskrewe teks deur die bekroonde regisseur Nico Scheepers.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het die afgelope naweek oor twee dae die voorreg gehad om met vier skoolkore, agtergrondsangers, die Kalliklip Vastrappers, Tino en Noemwoord te werk. Dit was epies! Daar is hard gewerk met geweldige passie en energie, maar daar is ook nuwe bande gesmee en herinneringe geskep.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOm \u2019n konsert soos hierdie aan te bied is \u2019n spansport en dit was werklik \u2019n fenomenale span mense wat saamgewerk het in die Absa Burgersentrum. Koorleiers en hulle begeleiers het bankvas agter my gestaan en my gehelp om my beste te kan bring, sodat ons \u2019n konsert kan bou wat in elke deelnemer se hart gaan bly en waarop hulle trots kan wees om by betrokke te wees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Neethling wil nie t\u00e9 veel weggee nie, maar sonder \u2019n paar ongelooflike hoogtepunte uit. \u201cDie lys is lank, maar feesgangers kan onder andere uitsien na: \u2018Geel (Julie)\u2019 en \u2018Bittermaan\u2019 deur Langenhoven Gimnasium se koor, Danie Re\u00ebnwolf du Toit en Coenie de Villiers; \u2018Leka Djy\u2019 met die Ad Astra Ho\u00ebrskool Oudtshoorn-koor, Noemwoord en Early B; \u2018Bicycle sonder slot\u2019 met Van Reede se skoolkoor, Tino en Lynelle Kenned; \u2018Ben Ten\u2019 met Early B en Sandra Prinsloo; \u2018Slippers van satyn\u2019 met Amanda Strydom en Frank Opperman; \u2018Thixo Onothando\u2019 met Fezekile Secondary School se koor en \u2019n verrassingsakteur, asook \u2018Karoonag\u2019 met al vier skoolkore en Coenie de Villiers.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHierdie lys sluit nie verskynings en optredes deur onder andere Antjie Krog, Zaan Sonnekus, die Papier Family Band, Dean John Smith, Tasch\u00e9, Dawid Minnaar, Nicole Holm, Albert Pretorius, Figure of 8 Dance Theatre, of my fenomenale span musikante in nie. Ons maak herinneringe. Saam. En daarop is ek trots en voor dankbaar.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns het tydens ons repetisies die afgelope twee dae video\u2019s gemaak en vir van die ander soliste gestuur. Almal is geweldig opgewonde om Oudtshoorn toe te kom en saam te werk \u2013 dit is regtig vir ons almal lekker en betekenisvol\u201d, sluit Neethling af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tino s\u00ea dit was vir hom \u2019n ongelooflike voorreg en inspirasie om saam met Neethling en soveel talentvolle kunstenaars te werk. \u201cDie twee dae se repetisies was intens, maar ook baie opbouend. Daar is \u2019n besondere energie wanneer mense wat regtig passievol is oor hul kuns bymekaarkom en jy voel hoe almal mekaar dra en motiveer.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy s\u00ea wat die meeste vir hom uitgestaan het, was die gevoel van eenheid: \u201cHoe \u2019n koor, musikante en kunstenaars wat dalk van verskillende agtergronde kom, saam een storie begin vorm. Daar was oomblikke in die repetisies waar jy sommer hoendervleis kry, omdat jy besef jy is deel van iets groter as jouself. Die openingskonsert gaan besonders wees, omdat dit nie net \u2019n vertoning is nie, maar \u2019n viering van ons kuns, kultuur en stories. Dis beslis \u2019n moet-sien omdat dit die toon gaan aangee vir die hele fees en wys hoe ryk en lewendig ons kreatiewe Klein Karoo-w\u00eareld is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Retha van Zyl, koorleier van Langenhoven Gimnasium, s\u00ea Neethling was uitsonderlik. \u201cSy het presies geweet wat sy wil h\u00ea en almal gemaklik laat voel om die musiek so vinnig as moontlik te leer. Dit was lekker dat daar s\u00f3 baie kunstenaars uit ons omgewing gebruik word om hierdie program saam te stel. Die openingskonsert is \u2019n baie goeie samevatting van alles wat voorl\u00ea by die KKNK, want daar is iets vir almal. Ek dink hierdie is een van die beste openingskonserte wat die KKNK nog aangebied het \u2013 \u2019n moet-sien in elke opsig.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ayakha Ntamnani, koorleier van die Fezekile Secondary School, s\u00ea hulle het die afgelope naweek \u2019n wonderlike ervaring gehad. \u201cEk was nog nooit vantevore by iets soos hierdie betrokke nie. Janine is \u2019n wonderlike mens, en sy vang die gees van die konsert vas in die wyse waarop sy met ons koorlede werk. Al die ander kunstenaars is briljant. Feesgangers moet beslis nie die openingskonsert misloop nie, want dit gaan \u2019n wonderlike en epiese konsert wees, waar verskillende kulture saamkom om die gees van die KKNK vas te vang.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lize Terblanche, koordirigent van Ho\u00ebrskool Oudtshoorn se Ad Astra-koor, s\u00ea dit was vir hulle ekstra spesiaal om vir die eerste keer saam met Oudtshoorniet Noemwoord, aan Early B se \u2018Leka Djy\u2019 vir die openingskonsert te werk. \u201cOns kinders straal en is baie bewus van hierdie ongelooflike voorreg en eens-in-\u2019n-leeftyd ervaring.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kyla Delport, koorleier van Van Reede se kamerkoor, s\u00ea Neethling se aandag in elke detail, was inspirerend vir die koorleiers. \u201cDit is \u2019n voorreg vir ons koor om saam met Janine en die ander kunstenaars te werk. \u2019n Mens kon die opwinding in hulle o\u00eb sien. Dit was merkwaardig hoe die verskillende skole se leerders byeenkom vir \u2019n gesamentlike doel. Die <em>Voluit Openingskonsert<\/em> is vir ons ook \u2019n eens-in-\u2019n-leeftyd optrede, waar nasionaal-bekende &#8211; \u00e9n plaaslike kunstenaars kragte saamsnoer en waar ons deel van hierdie 30ste bestaansjaarvieringe kan wees.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Janion Kennedy, oftewel Noemwoord, s\u00ea hy sien uit na die samesmelting van die kore met die ander musiek op die verhoog. \u201cDie konsert is \u2019n mengelmoes tussen genres en beslis \u2019n moet-sien vir feesgangers, omdat dit ons land \u00e9n ons erfenis vier. Dit gaan nie net oor al die talente op die verhoog nie, dis ook \u2019n kans om \u2019n konsert wat op hierdie skaal saamgestel is, op Oudtshoorn te kan beleef \u2013 mense moet beslis die samesmelting van genres en die goeie musiek kom ervaar.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jo-Andri Antonie, groepleier van die Kalliklip Vastrappers van Calitzdorp, s\u00ea hulle sien daarna uit om saam met die ander kunstenaars deel van die openingskonsert vir die 30ste KKNK te wees. \u201cDie konsert is \u2019n wonderlike samesmelting van uniekheid en kultuur en gaan beslis \u2019n treffer wees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery has-nested-images columns-default is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" data-id=\"2674\" src=\"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-1024x683.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-2674\" srcset=\"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-300x200.jpg 300w, https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-768x512.jpg 768w, https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-2-\u00a9-Hans-van-der-Veen-18x12.jpg 18w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" data-id=\"2673\" src=\"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-1-\u00a9-Hans-van-der-Veen-1024x683.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-2673\" srcset=\"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-1-\u00a9-Hans-van-der-Veen-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-1-\u00a9-Hans-van-der-Veen-300x200.jpg 300w, https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-1-\u00a9-Hans-van-der-Veen-768x512.jpg 768w, https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-1-\u00a9-Hans-van-der-Veen-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-1-\u00a9-Hans-van-der-Veen-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/KKNK-2026-Repetisies-vir-Voluit-Openingskonsert-1-\u00a9-Hans-van-der-Veen-18x12.jpg 18w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">The <em>Voluit Openingskonsert<\/em> vind op Saterdag 28 Maart vanaf 20:00 op die Feesmark-verhoog plaas. Toegang is ingesluit by die prys van \u2019n Feesmark-kaartjie. KKNK word vanjaar van Saterdag 28 Maart tot Saterdag 4 April vir die 30ste keer in die Klein Karoo aangebied.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">KKNK 2026 word geborg deur Absa, met ondersteuning van die Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi, Checkers, Netwerk24, kykNET, ATKV, Oudtshoorn-munisipaliteit en die Wes-Kaapse regering.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volledige program vir die 30ste KKNK, geborg deur Absa, is aanlyn beskikbaar by kknk.co.za. Kaartjies is te koop by Webtickets of die KKNK se kantoor. Vir meer inligting, besoek kknk.co.za of kontak 044&nbsp;203 8600, <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a> of stuur \u2019n WhatsApp na 065&nbsp;285 2337.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Foto\u2019s: <\/strong>Repetisies vir die <em>Voluit Openingskonsert<\/em> by die 30ste KKNK het verlede naweek, onder leiding van bekroonde musiekregisseur Janine Neethling, op Oudtshoorn afgeskop. \u00a9 Hans van der Veen<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oudtshoorn-kunstenaars het verlede naweek, onder leiding van bekroonde musiekregisseur Janine Neethling, met repetisies vir die KKNK se Voluit Openingskonsert afgeskop.<\/p>","protected":false},"featured_media":2675,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[],"class_list":["post-2677","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2677","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2677\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2686,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2677\/revisions\/2686"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2675"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2677"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2026.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2677"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}