Zimbabwiese kunstenaar Tafadzwa Tega, wat nou in Kaapstad woon, het twee kunswerke spesiaal vir die fees geskep: Een monumentale afdruk wat by die RSG en ATKV-Kuierkol in Baron van Reedestraat te sien is, asook ’n olieverfkunswerk onder by die trappe van die Kerkstraat-ingang tot die Prince Vintcent-gebou.