Oudtshoorn is al drie dekades lank die tuiste van die KKNK, en deur hierdie blywende vennootskap het ons kultuur wortel geskiet, gefloreer en gevestig geraak.
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees het ’n geliefde viering van ons kulturele diversiteit in al sy glans geword, waar eeue se geskiedenis, tradisies en gebruike saamgebring word in ’n lewendige jaarlikse tentoonstelling.
Tog is die KKNK veel meer as net ’n kulturele geleentheid. Dit is ook ’n kragtige ekonomiese dryfveer vir die Wes-Kaap, wat werk skep, geleenthede vir mense bied en waardigheid herstel en vier, terwyl dit ons trots maak op ons gedeelde kulturele erfenis.
Ek hoop dat almal wat dit bywoon ’n werklik onvergeetlike ervaring het, en aan almal wat onvermoeid werk om die KKNK elke jaar aan te bied, my allerbeste wense.
Alan Winde
Premier: Wes-Kaapse regering