Saam met die KKNK se drie dekades vier Nataniël die afgelope 30 jaar as skrywer, sy meer as 25 topverkopers en ook sy loopbaan as storieverteller. Hy gesels met sy vriendin en medekunstenaar Anna-Mart van der Merwe oor die kuns van stories vertel, die vele maniere om verhale te deel en die ontdek van nuwe kulture. ’n Eerste (openbare) keer saam vir hierdie twee kunstenaars! ’n Beperkte aantal sitplekke is beskikbaar – moet dit nie misloop nie! ’n Feesmark-kaartjie bied jou toegang, solank jy ook enigeen van Nataniël se boeke by die deur kan toon. Nataniël se mees onlangse boeke is te koop by die geleentheid, insluitend Sweetie, sy nuutste bundel. Sy unieke BLOEI + BLOM-koffietafelboek is ook teen afslag beskikbaar.