Biltong en Dior

WITH Louis Jansen van Vuuren (skrywer) en Anet Pienaar-Vosloo (gespreksleier)

Aangebied deur Tafelberg.

Free

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Afrikaans •

Family •

45 min

DATE(S)

31 March 2026, 10:30

Niefiksie

Biltong en Dior is ’n uitbundige relaas oor die kunstenaar en skrywer Louis Jansen van Vuuren se kleurvolle ervarings as Suid-Afrikaner wat al langer as 25 jaar ’n liefdesverhouding het met alles wat Frans is en vir minstens die helfte van elke jaar in Frankryk woon en werk. Hy en sy lewensmaat, Hardy Olivier, het meer as twee dekades gelede ’n vervalle château in Boussac gekoop en in ’n luukse boetiekhotel omskep waar Louis in later jare kunsklasse en kostoere vir Suid-Afrikaanse vroue aangebied het. Danksy Louis en Hardy se pioniersgees, het meer as 35 Suid-Afrikaanse families sedertdien hul eie “petit château” in dieselfde omgewing op die Franse platteland gekoop.