Absa Kuierkamer in die Feesmark

Kom vier drie dekades van kuns, kultuur en klank by die KKNK se 30ste verjaarsdag – in die hart van die fees, by die Absa Kuierkamer. Hier, tussen die stof van die Klein Karoo en die ritme van stories wat nog lank sal eggo, wag ’n ruimte waar verbeelding, samekoms en musiek mekaar vind. Die Absa Kuierkamer is méér as net ’n kuierplek vir kultuurdiere – dis ’n ontmoetingspunt vir geeste wat leef vir teater, liriek, lag en laataand-gesprekke. Moenie hierdie fees-binne-die-fees misloop nie. Ons wil jou daar sien – want sonder jóú is die storie nie volledig nie.

Wat wag hier op jou?

  • ’n Stylvolle, ontspanne kuierarea waar jy kan asemhaal tussen vertonings en nuwe inspirasie kan vind.
  • ’n Voertuiguitstalling met karakter en klas.
  • ’n Kreatiewe hoekie waar jou verbeelding vlerke kry.
  • ’n Kinderkreatiwiteitshoekie vir die jong kunstenaars in wording.
  • Lewende musiekoptredes deur van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars – oud en jonk.
  • Intieme rooibanksessies saam met Hannes van Wyk – waar gesprekke dieper delf as die verhoogligte.

Kom kuier. Kom luister. Kom vier. Kom leef voluit!

Included in your Feesmark ticket 
28 Maart tot 4 April 10:00 tot 16:00 

Saterdag 28 Maart 2026

12:00 • Kaas- en wynproe met Meerendal

12:45 • Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Margit Meyer-Rödenbeck, Lizz Meiring en Chris van Niekerk

Sondag 29 Maart 2026

12:00 • Kaas- en wynproe met Meerendal

12:45 • Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Amanda Strydom, Mel die Storieverteller en Christo Davids

15:00 • Reborne 

Maandag 30 Maart 2026

12:00 • Kaas- en wynproe met Meerendal

12:45 • Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Jak de Priester, Willie Strauss en Anna Davel

14:00 • Joshua na die Reën

Dinsdag 31 Maart 2026

12:00 • Kaas- en wynproe met Meerendal

12:45 • Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Rolanda Marais, Dean John Smith en Nic de Jager

15:00 • Joshua na die Reën

Woensdag 1 April 2026

11:00 • Reborne 

12:00 • Kaas- en wynproe met Meerendal

12:45 • Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Sandra Prinsloo, Wian Taljaard en Lize Beekman

15:00 • Joshua na die Reën

Donderdag 2 April 2026

11:00 • Reborne 

12:00 • Kaas- en wynproe met Meerendal

12:45 • Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Tobie Cronjé, Kurt Schoonraad en Annelisa Weiland

15:00 • Reborne 

Vrydag 3 April 2026

11:00 • Vier die storie met Nataniël en Anna-Mart van der Merwe 

12:00 • Kaas- en wynproe met Meerendal

12:45 • Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Luna Paige, André Schwartz en Stephanie Baartman

15:00 • Tino 

Saterdag 4 April 2026

11:40 • Joshua na die Reën

12:00 • Kaas- en wynproe met Meerendal

12:45 • Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Marion Holm, Danie van der Merwe en Ira Blanckenberg